Tuesday, May 29, 2012

Matthew (Matteus) 6:9-13 AFRIKAANS: Bybel vir Almal


Matthew (Matteus) 6:9-13
AFRIKAANS: Bybel vir Almal
9 Julle moet só bid:
“Ons Vader wat in die hemel is,
ons bid dat al die mense
u heilige Naam sal eer
omdat U God is.
10 Ons bid dat die tyd moet kom
wanneer almal sal weet
U is Koning.
Ons bid dat al die mense
op die aarde sal doen
wat U wil hê hulle moet doen,
soos die engele in die hemel
dit doen.
11 Gee vir ons vandag die kos
wat ons vandag nodig het.
12 En vergewe ons alles wat ons
verkeerd gedoen het teen U,
soos ons ook ander mense vergewe
wat verkeerd gedoen het
teen ons.
13 En help ons dat niks sal gebeur
wat ons sal laat sonde doen nie.
Maar beskerm ons
teen die duiwel.

No comments:

Post a Comment