Matthew (Matteus) 6:9-13
AFRIKAANS: Bybel 1933/1953
9 Só
moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10
laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die
aarde;
11 gee
ons vandag ons daaglikse brood;
12 en
vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en
lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort
die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
No comments:
Post a Comment