Matthew (Matteus) 6:9-13
AFRIKAANS: Die Boodskap Bybel
9 "Hier
is 'n voorbeeld hoe jy moet bid:
Ons Vader
in die hemel, laat almal op aarde groot eerbied vir u heilige Naam hê.
10 Laat
u nuwe wêreld tog gou aanbreek. Almal in die hemel doen wat U sê. Gee dat almal
hier op die aarde ook doen wat U wil hê.
11 Gee
ons vandag genoeg om van te leef.
12 Vergeef
ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef
wat nie reg teenoor ons optree nie.
13 Help
ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons
wil verlei om verkeerde dinge te doen.
No comments:
Post a Comment